Digitale kamera

Voor- en agterkant van 'n Canon PowerShot A95.
'n Ultrakompakte digitale kamera (Canon Ixus 70). Die lens word slegs vorentoe geskuif wanneer dit fokus en versink dan weer in die front
'n Canon 5DII opgestel as 'n digitale videokamera

'n Digitale kamera is 'n kamera wat beelde (stilfoto's) en/of video's deur middel van 'n elektroniese beeldsensor digitaal afneem en op 'n digitale stoormedium (sy eie digitale geheue of 'n geheuekaart) stoor. Baie digitale fotokameras kan deesdae naas stilfoto's ook video's met klank opneem. Die fotomarkte in Westerse lande word intussen deur digitale kameras oorheers, terwyl analoë 35 millimeter-kameras, wat films gebruik, steeds minder belangrik word.[1]

Digitale kameras word onder meer in toestelle soos PDA's en selfone gebruik. Die bekende Hubble-ruimteteleskoop is, soos ander sterrekundige toerusting, ook gebaseer op gespesialiseerde digitale kameras.

  1. Nikon Says It's Leaving Film-Camera Business. In: Washington Post, 23 Februarie 2007

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search